Kimberley-polisie op soek na ‘persone van belang’ ná huisroof

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Die Kimberley-polisie is besig met ‘n ondersoek na ‘n huisroof wat Sondagoggend in West End plaasgevind het, waar ‘n gesin oorval en beroof is.

Lt.kol. Sergio Kock sê die voorval het omstreeks 04:00 gebeur toe vier vermomde mans die huis van ‘n man (53), sy vrou (51) en hul seun (14) betree het. Die verdagtes het die gesin glo met ‘n vuurwapen gedreig en hulle vasgebind.

“Hulle het daarna van die toneel gevlug met verskeie items wat aan die slagoffers behoort.”

Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting oor die vermeende verdagtes of die voorval kan speur.AO Thabang Kamolane by 082 302 0407 bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief