Brekende Nuus
Afrikaans

Kind (4) sterf aan Ebola in Uganda

Kind (4) dood aan Ebola in Uganda

fotokrediet: Canva
Kind (4) dood aan Ebola in Uganda fotokrediet: Canva

UGANDA. – ’n Kind (4) is die tweede persoon wat aan Ebola dood is in Uganda sedert ’n uitbraak van die siekte op 30 Januarie verklaar is.

Lees ook: Uganda sê Ebola-uitbraak is onder beheer, agt pasiënte ontslaan

Die kind is Dinsdag oorlede na behandeling in Kampala. Dit volg na ’n manlike verpleër in Januarie aan Ebola oorlede is.

Die WGO het Saterdag die kind se dood bevestig en het gesê stappe word geneem om uit te vind of enigiemand met die kind in kontak was.

Agt pasiënte wat met die manlike verpleër in kontak was, is suksesvol behandel en het plaaslike owerhede laat verklaar dat die uitbraak onder beheer is. Die oorsaak van die uitbraak word nog ondersoek.

Bronne: The Independent, New York Times, US News

Lees ook: Uganda sê Ebola-uitbraak is onder beheer, agt pasiënte ontslaan