Kind (7) glo deur motor wat deur verkeersbeamptes gejaag is, doodgery

Lees ook :

Kind (7) glo deur motor wat deur verkeersbeamptes gejaag word, doodgery
Kind (7) glo deur motor wat deur verkeersbeamptes gejaag word, doodgery Foto: News Break

LIMPOPO. – ‘n Kind (7) is na bewering deur ‘n motor wat deur verkeersbeamptes gejaag was, doodgery.

Daar word word beweer dat drie verkeersbeamptes die D3248 Deerpark-pad buite Tzaneen vir spoedkontrole beman het. ‘n Toyota-sedan het na bewering teen ‘n snelheid van 93 km/h in die 60 km-sone gery.

Kind doodgery op toneel gevind

‘n Vroulike beampte het probeer om die voertuig te stop, maar dié het glo teen ‘n hoë snelheid weggejaag. Die beamptes het hom agtervolg. Die jaagtog het hulle tot in die Mandlakazi-dorpie in die Nwa-Mitwa-omgewing geneem. Daar het hulle die motor omgeslaan gevind. ‘n 7-jarige kind is ook dood op die toneel gevind.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het haar hartseer oor die dood van die kind uitgespreek.

“Ek wil my opregte meegevoel aan die familie stuur en hulle verseker dat geregtigheid sal geskied.”

LEES OOK: Leerder gee homself oor na slagoffer op skoolterrein doodgesteek is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief