Brekende Nuus
Afrikaans

Kind in VK sterf aan masels

Kind in VK sterf aan masels

fotokrediet: Canva
Kind in VK sterf aan masels fotokrediet: Canva

LIVERPOOL, VK. – ’n Kind in Liverpool in die Verenigde Koninkryk is oorlede aan masels. Owerhede van die Alder Hey-kinderhospitaal in Liverpool het gesê maselsgevalle in die gebied is besig om te styg weens ’n daling in inentings.

Lees ook: Verslag bevind 45 bewerings oor MasterChef-beoordelaar Gregg Wallace is waar

Die owerhede van die Alder Hey-hospitaal het ouers aangemoedig om hulle kinders teen masels te laat inent. Altesaam 17 kinders het sedert Junie behandeling vir masels by die Alder Hey-hospitaal ontvang.

Engeland het vanjaar reeds meer as 500 gevalle van masels gehad, meestal kinders onder 10 jaar.

Bronne: Euronews, NetMums, ITV

Lees ook: Verslag bevind 45 bewerings oor MasterChef-beoordelaar Gregg Wallace is waar