Kind sterf toe sandbank ineenstort

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Sevice

KWAZULU-NATAL. – ‘n Kind wat Saterdagmiddag vasgekeer is toe ‘n sandbank in die Glenhills-gebied in Durban-Noord meegegee het, is dood verklaar. Nog ‘n kind was in ‘n kritieke toestand en moes mediese hulp ontvang.

KZN VIP Protection Service sê dié diens en verskeie ander nooddienste het hulle ná berigte van die ineenstorting na die toneel gehaas. Met aankoms is gevind die sandbank het meegegee en twee minderjarige kinders is vasgekeer. Een van die kinders is betyds uit die sand bevry en in kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.

Ná verskeie ure van soek- en reddingspogings is die tweede kind opgespoor. Die kind het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die voorval word tans ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief