Die polisie op Pofadder het op 31 Mei 2019 ‘n veiligheids- en beroepsgerigte veldtog as deel van die kinderbeskermingsweek gehou.
Sers. Atwell Bosman van Pofadder se sigbare polisiëringseenheid het die Hoërskool Boesmanland op Pofadder besoek en vakansie-, huis- en skoolveiligheidswenke aan die gr. 9- leerlinge gegee.
Hy het die leerlinge ook kortliks in kennis gestel van die meer as 200 loopbane wat in die SAPD beskikbaar is. Hierdie veldtog sal deurlopend gehou word en sal ander skole op Pofadder en omliggende gebiede teiken. Dit kan gesien word as ‘n pro-aktiewe misdaadvoorkomingsinisiatief.