Kinderbeskermingsveldtog in Pofadder

Lees ook :

Die polisie op Pofadder het op 31 Mei 2019 ‘n veiligheids- en beroepsgerigte veldtog as deel van die kinderbeskermingsweek gehou.

Sers. Atwell Bosman van Pofadder se sigbare polisiëringseenheid het die Hoërskool Boesmanland op Pofadder besoek en vakansie-, huis- en skoolveiligheidswenke aan die gr. 9- leerlinge gegee.

Hy het die leerlinge ook kortliks in kennis gestel van die meer as 200 loopbane wat in die SAPD beskikbaar is. Hierdie veldtog sal deurlopend gehou word en sal ander skole op Pofadder en omliggende gebiede teiken. Dit kan gesien word as ‘n pro-aktiewe misdaadvoorkomingsinisiatief.

Sers. Atwell Bosman

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief