Twee gearresteer vir diefstal van petrol

Lees ook :

Maandag 3 Junie omstreeks 14:20 het ’n onbekende man na Kwa-motors in Gemdene, Kimberley, in ’n bloukleurige Toyota Corolla met registrasienommer PLZ 635 GP gery. Hy het ’n petroljoggie gevra om sy motor met petrol ter waarde van R150.00 vol te maak. Hy het gevra om ’n kaartmasjien te gebruik, waarna hy weggery het sonder om te betaal. ’n Saak van diefstal is geopen.

Dieselfde dag omstreeks 14:35 het ‘n onbekende man na Caltex Star-garage in Memorialweg, Kimberley, in ’n blou VW Polo met registrasienommer PLZ 635 GP gery. Hy het ’n petroljoggie gevra om sy motor met petrol ter waarde van R750.00 vol te maak. Hy het gevra om ’n kaartmasjien te gebruik, waarna hy weggery het sonder om te betaal. ’n Saak van diefstal is geopen.

’n Versoek is deur 10111 uitgereik om op die uitkyk te wees vir die tweede voertuig, wat deur konst. Afrika van Kimberley se sigbare polisiëringseenheid gevind is. Twee verdagtes is in albei gevalle vir diefstal van petrol in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn.

Die stasiebevelvoerder, kol. Belinda Rikhotso, het die lede vir hulle vinnige reaksie bedank.











				

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief