NIEU-SEELAND. – Lauren Dickason, oorspronklik van Suid-Afrika, wat in Nieu-Seeland gevonnis vir die moord op haar drie jong dogters, het teen haar vonnis appèl aangeteken.
Dickason se regspan het op 23 Julie ‘n kennisgewing tot appèl by die Appèlhof ingedien. Die gronde vir die appèl is nie bekend nie.
Indien Dickason suksesvol appelleer, kan ‘n nuwe verhoor plaasvind.
Dickason word by die Hillmorton-geestesgesondheidsfasiliteit aangehou. Indien sy gesond genoeg is, kan sy na ‘n tronk oorgeplaas word.
‘n Brief wat sy dae na haar vonnisoplegging vir haar aanhangers geskryf het, kan hier onder gelees word:
“Yesterday was a win for maternal mental health,” the notes add.
“Justice Mander heard me. His decision is fair and just.
“Thank you all for your love and support over the last year.
“Thank you for believing my version of events – that I am not an angry, jealous and selfish person, but rather a mother suffering from a severe mental illness while trying to raise my three beautiful little girls and supporting my husband in all his endevours [sic].
“I believe you can have it all, but just not all at once.
“Be kind to yourselves and talk until someone hears you. Do not be ashamed to admit if you can’t cope.
“There is a way out which doesn’t have to end in tragedy.”
Nuusflits het voorheen soos volg berig:
Lauren Dickason, die Suid-Afrikaanse vrou wat op 16 September 2021 haar drie minderjarige dogters in hul huis in Timaru in Nieu-Seeland doodgemaak het deur hulle te verwurg en te versmoor, is gevonnis.
Dickason sal haar vonnis van 18 jaar, met geen minimum termyn van gevangenisstraf aangedui nie, in die Hillmorton-hospitaal, ‘n geestesgesondheidsfasiliteit, begin uitdien.
Regter Cameron Mander het haar tot drie besliste vonnisse van 18 jaar, wat samelopend uitgedien moet word, gevonnis. Met geen minimum termyn van gevangenisstraf nie, sal Dickason na ‘n derde van haar gevangenisstraf – ses jaar – vir parool in aanmerking kan kom. Sy sal in die fasiliteit behandel word totdat sy so ‘n mate van geestesgesondheid bereik het om na ‘n gewone gevangenis oorgeplaas te word.
Tydens vonnisoplegging het Mander deurentyd na Dickason se diagnose as tiener verwys: ernstige deppressiewe versteuring, wat deurentyd met die kinders se geboortes, hetsy voor of na, teenwoordig was.
Volgens New Zealand Herald het sy die vonnis emosieloos ontvang, maar later ‘n verklaring uitgereik om te sê sy het haar dogters gefaal.
“I take responsibility for taking our three beautiful girls from this world. I would like to take this opportunity to convey the deepest and most sincere remorse for the extreme pain and hurt caused to my children and my family by my actions.”
Nuusflits het voorheen berig Dickason het haar dogters, Liané (6) en tweeling Maya en Karla (2) doodgemaak. Graham Dickason, wat by ‘n ete met kollegas was, het op haar en die kinders afgekom. Laura Dickason self is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal gehaas en nie lank daarna nie in hegtenis geneem.
Die familie het slegs twee weke vantevore uit Pretoria na Nieu-Seeland geëmigreer.
Dickason was in ‘n psigiatriese eenheid in Hillmorton-hospitaal in aanhouding.
Graham Dickason, ‘n ortopediese chirurg van beroep, het sy vrou vergewe en het sedertdien na Suid-Afrika teruggekeer.
Sy het tydens ‘n vyf weke verhoor skuld aan hul moorde beken, maar volgehou sy was geestelik versteurd en gesê sy kan nie vir die moorde verantwoordelik gehou word nie. Sy is egter deur ‘n jurie skuldig bevind.
Bronne: NZ Herald, 1News, RNZ en Stuff





