Kinders aan ‘misdaad’ onderwerp, ma en ander verdagtes bly in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustraie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Seun (2) het met ernstige beserings in ‘n hospitaal beland, waarna ‘n poging tot moord onder andere ondersoek is. Sy sussie (9), nog ‘n sussie (6) en boetie (4) het ook glo onder vier verdagtes deurgeloop.

Kapt. Loraine Earle sê die 2-jarige het op 22 September met erge beserings in ‘n hospitaal beland. ‘n Saak van poging tot moord en kinderverwaarlosing is geopen en deur Parkweg-GKS ondersoek. Die ma van die kleuter, haar kêrel, ‘n vriend en sy verloofde is in hegtenis geneem.

Tydens ‘n hofverskyning is aanklagte vir die ander drie kinders van die ma op die dossier bygevoeg. Die vier staan nou ook op aanklagte van poging tot moord op die 9-jarige sussie en aanranding met die doel om ernstig te beseer op al vier die kinders, asook versuim om kindermishandeling aan te meld, tereg.

“Al die kinders is veilig en goed versorg. Die saak is tot 15 Oktober 2024 uitgestel en die beskuldigdes sal in aanhouding bly,” het kapt. Earle bevestig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief