GAUTENG. – Pethe Sara Simiao (24) het op aanklagte van verkragting, ontvoering, moord, en oortreding van die immigrasiewet in die Protea-landdroshof verskyn.
Phindi Mjonondwane van die NVG sê Amantle Semane (6) van Orlando-Wes se ma het op 21 Oktober na haar vermiste dogter gesoek. ‘n Getuie het hulle na ‘n shack gelei waar die kind halfnaak en leweloos op die vloer gelê het. Die getuie het glo vroeër vir Simiao met Semane sien loop en aangesien hulle nie vewant is nie, het dit verdag voorgekom.
Simiao is op Woensdag 23 Oktober in Zola, Soweto, gearresteer. Hy het Vrydag op die aanklagte teen hom in die landdroshof verskyn waar die saak vir ‘n formele borgaansoek tot 1 November uitgestel is.
Nuusflits het berig die meisie is in Orlanda, Soweto, verkrag en vermoor gevind. Phethe Sara Simiao, wat gesoek was, is gearresteer. Lt.genl. Tommy Mthombeni het tydens ‘n inligtingsessie in Eldoradopark gesê die stasiebevelvoerder het dadelik die nodige rolspelers gemobiliseer. ‘n Lasbrief vir inhegtenisneming is Dinsdag vir Simiao uitgereik. Volgens rapportering het die meisie met ander kinders gespeel toe ‘n verdagte haar na sy gehuurde shack in Orlando, Soweto, geroep het, waar sy na bewering verkrag en vermoor is.
Steve Mabona, woordvoerder vir die departement van onderwys in die provinsie, sê die begrafnisdiens van die meisie word Donderdag om 09:00 by die Orlando East Communal Hall in Orlando, Soweto, gehou.