Kingfisher uit visnet gered

Lees ook :

Andries Maarman (24) het gister langs die rivier op Douglas gesit en visvang toe ’n Kingfisher in sy vislyn vasvlieg en homself daarin koek.

Die voël het homself so vasgedraai dat hy nie kon loskom nie. Andries het die lyn stadig ingetrek tot die voël naby genoeg was sodat hy hom kon help. Die Kingfisher het vreeslik gespartel en wou net met sy skerp snawel byt. Andries het nie moed opgegee nie, want hy het geweet die voel sou doodgaan as hy hom nie help nie. Met die hulp van nog ’n persoon het hy die voël se kop in ’n visvangnet gesit en kon hy hom aan sy bek vashou. Die voël het opgehou met spartel en die vislyn kon versigtig afgehaal word. Die vislyn was om sy bek, vlerke en een poot gedraai. Andries was baie bly dat hy die Kingfisher kon help en soos hy sê, het hy weggevlieg sonder om dankie te sê.

Storie deur ’n leser wat dit gewaar het, ingestuur.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App