VRYSTAAT. – ‘n Kleutermeisie (5) is op 31 Desember 2023 van haar huis af ontvoer. Haar liggaam is op 1 Januarie 2024 omstreeks 13:00 in ‘n rivier langs Virginia-korrektiewe dienste gevind. ‘n Verdagte man, soos in die saamgestelde identikit, word as persoon van belang wat die polisie met die moord-ondersoek kan help, gesoek.
Volgens kapt. Stephen Thakeng het ‘n onbekende man glo met die kleuter van haar huis weggehardloop. Die polisie is in kennis gestel en ‘n soektog is saam met gemeenskapslede van Meloding geloods.
‘n Verbyganger het die polisie van ‘n liggaam in die rivier verwittig, waarna Welkom se honde-eenheid wat vir soektogte en reddings gebruik word, die liggaam uitgehaal het. Sy is positief deur die familie geïdentifiseer.
Die nadoodse ondersoek het onthul sy is verkrag en toe vermoor. Sy het ook kopbeserings gehad.
‘n Saak van ontvoering, verkragting en moord is geregistreer, maar die verdagte is nog op vrye voet.
Enigiemand met inligting word versoek om speur.sers. Zwai Matshaya van Virgina-speurtak by 083 206 9287 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





