Kleuter binne uur opgespoor

Lees ook :

Foto: IPSS Search and Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleutermeisie (3) het Woensdag, nadat sy saam met haar ma gaan stap het, in die Westbrook-omgewing vermis geraak.

Samantha Meyrick van IPSS Search and Rescue sê dié diens in Tongaat is omstreeks 10:30 van die vermiste kleuter ingelig. Lede het saam met Mobi-Claw911, Tongaat-polisie en Umhlali-polisie se K9-soek-en-reddingseenheid na die gebied gegaan om na die kleuter te soek.

Die kleuter is binne ‘n uur ‘n taamlike afstand weg van waar sy laas gesien is, gevind. IPSS Medical Rescue het die kleuter medies ondersoek, waarna sy aan haar ma terugbesorg is.

Westbrook-diensstasie wat die ma met die aanmelding gehelp het, is bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief