Kleuter en nog sterf tydens ongeluk

Lees ook :

Foto: Departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling

MPUMALANGA. – ‘n Kleuter, vermoedelik twee jaar oud, en ses ander insittendes van twee motors het Dinsdagmiddag in ‘n trompop-botsing op die N4-tolpad tussen Belfast en Wonderfontein gesterf.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê die ongeluk het omstreeks 14:00 gebeur. Die motors het in teenoorgestelde rigtings gery. Een het volgens vermoede beheer verloor, van die pad gery en met die motor in die aankomende baan gebots.

Vyf van die oorledenes was in een motor, terwyl twee in die ander motor was. Beide die bestuurders van die motors is onder die oorledenes. ‘n Insittende wat ernstig beseer is, is na ‘n hospitaal gehaas.

Mmusi sê die ongeluk word ondersoek en roekelose en of nalatige bestuur kan nie in hierdie stadium uitgeskakel word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief