KWAZULU-NATAL. – ‘n Kleuterseun (3) is Woensdagoggend vir mediese behandeling met ‘n lugambulans na ‘n hospitaal gevlieg nadat hy op die P228 in Sheffield Beach deur ‘n motor gestamp is.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens is oor die voorval ingelig en het die kleuterseun ernstig beseer aangetref. Hy is deur die diens se lewensondersteunende paramedici gestabiliseer, waarna hy deur Air Mercy Service na ‘n hospitaal gevlieg is.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





