Kleuter se Kersfees met geskenk vervolmaak

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – Polisielede het tot aksie oorgegaan toe hulle beeldmateriaal op sosiale media van ‘n kleuterseun (4) van Oos-Londen, wat nie ‘n Kersgeskenk gekry het nie, te siene gekry het.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê Gonubie-polisiebeamptes het besluit om die kind se Kersfees ook spesiaal te maak. Maj.genl. Christopher Wright, die distrikskommissaris, polisiebeamptes van die gebied en eksterne rolspelers wat Helen May, parlementslid, insluit, het op Oujaar tydens ‘n verrassingsbesoek die kleuterseun se huis saam met Kersvader besoek.

“Die opgewondenheid was oor sy hele gesig geskryf toe sy huis genader word. Hy en sy suster het opgewonde uitgehardloop gekom en is deur Kersvader omhels. Dit was ‘n vreugdevolle dag en geskenke is deur Kersvader aan die boetie en sussie gegee.”

Die spesiale groep besoekers aan die gebied het ook aan minderbevoorregte kinders in die gebied kos en klere gegee.

“Die gemeenskap en kinders het die gebaar deur die span baie waardeer. Dit was ‘n onvergeetlike laaste dag van 2024 vir die ouers en kinders van die Gonubie-omgewing.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief