Kleuterseun in kruisvuur gewond

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Kleuterseun (4) is Maandag omstreeks 12:30 in Manenberg, onderweg na ‘n speelpark, in kruisvuur in die been geskiet.

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits die seun en sy pa het saam na die speelpark in Gamkastraat gestap. Skote is gehoor en die seun en sy pa het na veiligheid gehardloop, waar daar ontdek is die kleuterseun is deur ‘n dwaalkoeël in die linkerbeen getref. Die kleuter is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem.

Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug.

‘n Saak van poging tot moord word ondersoek en die polisie vra enigiemand met relevante inligting om die Manenberg-polisie by 021 699 9400 te bel.



Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief