Kleuterskooleienaar se man in hof vir kleuter se verkragting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Beskuldigde (66) het Woensdag op aanklag van verkragting van ‘n kleuter (3) in die Morebeng-landdroshof verskyn. Die beskuldigde is die man van ‘n kleuterskooleienaar en vervoer ook die skool se kleuters.

Luidens ‘n verklaring deur kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die beskuldigde die kleuter Vrydag omstreeks 18:30 by haar huis afgelaai. Haar voog het later opgemerk dat die kind rusteloos en ongemaklik is. Tydens ‘n mediese ondersoek is bevestig dat die kind verkrag is. ‘n Saak is aanvanklik by die Botlokwa-polisiekantoor aangemeld, waarna dit na Polokwane-GKS vir ondersoek oorgeplaas is. Die beskuldigde is Maandag in hegtenis geneem en het Woensdag in die hof verskyn.

Die beskuldigde sal tot 8 Oktober, wanneer sy formele borgtogaansoek deur die hof aangehoor word, in aanhouding bly.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief