Kobus Wiese deel skerp humorsin

Lees ook :

Kobus Wiese deel skerp humorsin. Foto: Twitter

Deesdae is ongelukke en misdaad volop in die nuus. Dit is dus verfrissend om te sien hoe humor in slegte situasies gevind word. Kobus Wiese, rugbykommentator, het ’n foto van ongeluk gebruik om gek te skeer.

Wiese het ’n foto van ’n minibustaxi wat teen ‘n verkeerslig gebots het, op sy Twitter-blad gelaai met die woorde: “Hier sien ons ’n baie seldsame gebeurtenis! ’n Minibustaxi wat by ’n verkeerslig stop!”

Een aanhanger lewer kommentaar wat sê: “Gelukkig is daar ’n foto, anders was jou geloofwaardigheid tot niet!”

Vir ’n ander gebruiker is dit ongelooflik. “Wonderwerke gebeur nog.”

Dit is nie duidelik wanneer of waar die ongeluk plaasgevind het nie.

Bron: Kobus Wiese Twitter-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief