Koeëlvaste speelpark vir Kaapse Vlakte voorgestel

Lees ook :

Koeëlvaste speelpark voorgestel vir Kaapse Vlakte. Foto: GFSA

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Die nie-regeringsorganisasie, Gun Free South Africa, het ’n voorlegging vir ’n speelpark wat koeëlbestand sal wees vir Beacon Valley voorgelê.

Hulle het dit in reaksie op die hoë misdaadsyfer op die Kaapse Vlakte en die groot hoeveelheid kinders wat onskuldig tydens bendegeweld sterf, gedoen.

Die speelpark se voorgestelde grootte is 20 m by 20 m en sal glyplanke en oop areas vír speel en hardloop hê.

Volgens Adele Kirsten, direkteur van GFSA, sal die park 24 kinders kan bevat en sal daar ’n paniekknoppie en konstante waarneming wees. Sy sê die organisasie is tans in die produksiefase vir die ontwikkeling van koeëlvaste baadjies vir kinders.

Kirsten noem dat sy hoop dat dit nooit werklik nodig vir so ‘n park sal wees nie, aangesien kinders vrylik behoort te kan beweeg.

GFSA en Cape Flats Safety Forum werk saam aan die konsep. Die voorstel is tans in die kosteberekeningsfase.

Bronne: IOL, Good Things Guy, Plainsman

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief