[t4b-ticker]

Koerier kritiek na kapingspoging

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ‘n koeriervoertuig is ‘n rukkie gelede kritiek na ‘n kapingspoging op die N2-hoofweg in Mandeni gelaat.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Security Services sê hulle personeel het hulle na die toneel gehaas.

Na bewering was ‘n koeriervoertuig met twee insittendes in ‘n noordelike reigting op pad toe hulle deur ‘n voertuig met vier gewapende verdagtes net na die Mandeni-tolhek gestop is.

“Gewapende verdagtes het op die koeriervoertuig losgebrand en die bestuurder kritiek beseer.”

Meyrick sê die passasier in die koeriervoertuig en die gewapende sekuriteit wat die voertuig vergesel het, het teruggeskiet en ‘n verdagte gewond. Die vier verdagtes het onverrigtersake in die verdagte voertuig ontsnap.

“Die kritiek beseerde bestuurder is op die toneel deur IPSS Medical Rescue Advanced Life Support gestabiliseer. Weens die aard van sy beserings is besluit om die bestuurder met die Netcare mediese helikopter na ‘n geskikte fasiliteit te vlieg.”

Meyrick sê die misdaadtoneel is vir verdere ondersoek aan die polisie op die toneel oorhandig.

Foto’s: IPSS Medical Rescue

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief