Kollig op nog ‘n skool nadat seun glo meisie aanrand

Lees ook :

Foto: Skermgreep van The Instigator X en Canva

GAUTENG. – ’n Meisieleerling is glo op 20 Oktober fisies deur ‘n seunsleerling by die Christian Progressive College aangerand en mondelings beledig. ’n Video-opname van die voorval is op sosiale media versprei.

Steve Mabona, GDO-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die GDO is bekommerd oor die vooval. Die voorval is ten sterkste veroordeel en ’n ondersoek is na die omstandighede van die insident van stapel gestuur. Psigososiale ondersteuning sal aan die slagoffer en alle betrokke leerders gebied word. Volgens die departement sal die skoolbestuur dissiplinêre stappe teen die betrokke leerling instel.

Matome Chiloane, LUR vir GDO, het gesê geweld en geslagsgebaseerde mishandeling het geen plek in die onderwysomgewing nie.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat ’n leerling aan sulke fisieke en verbale mishandeling in ’n skool blootgestel word. Gepaste stappe sal geneem word. Skole moet veilige ruimtes wees waar alle leerders teen enige vorm van geweld of intimidasie beskerm word,” het Chiloane gesê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief