Lees ook: Meer as 2 000 mense moontlik lewendig begrawe na grondverskuiwing
PAPOEA NIEU-GUINEE. – Volgens owerhede in Papoea Nieu-Guinee is die 7 900 mense wat naby die afgeleë, bergagtige gebied woon waar ‘n grondstorting plaasgevind het in gevaar.
Volgens ‘n provinsiale beampte is die berg Mungalo steeds “baie aktief” en word nog reën verwag. ‘n Waarskuwing vir ‘n moontlike ontruiming is uitgereik.
Sowat 2 000 mense is lewendig begrawe na die grondstorting wat Vrydag op die eiland plaasgevind het. Reddingswerkers het gesê die mense is waarskynlik dood.
Slegs ses liggame is sover uit die puin gehaal.
Kommer bestaan ook oor infeksies en siektes as die liggame van die mense wat vasgekeer is begin ontbind.
Bronne: BBC, Sky News, EWN
Lees ook: Meer as 2 000 mense moontlik lewendig begrawe na grondverskuiwing





