Konsertverhoog brand toe sanger nie opdaag nie

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – ‘n Konsertverhoog is vanoggend (Vrydag) omstreeks 05:00 in die Makwassie-stadion in Makwassie aan die brand gesteek toe die hoofsanger nie opgedaag het nie.

Kol. Adéle Myburgh bevestig aan Nuusflits die konsert moes glo Donderdag plaasgevind het en feesgangers van die Annual Fun Games and Music Festival het deur die nag vir die hoofsanger gewag om op te daag. Vanoggend vroeg het die ontevrede feesgangers oproerig geraak, waarna die verhoog en toerusting ter geskatte waarde van R3 m. aan die brand gesteek is.

Daar is nog geen arrestasies gemaak nie, maar ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. Bereng Hlasa, die stasiebevelvoerder van Makwassie, by 082 575 8377 te bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief