Lees ook: Vodacom en Makate ontmoet die week oor moontlike skikking in Please Call Me-saak
Die konstitusionele hof het Vodafone se aansoek om by die Please Call Me-saak betrokke te raak, afgekeer. Vodafone, gebaseer in die VK, wou by die hof aansluit as ‘n “vriend van die hof”.
Kenneth Nkosana Makate se regspan het Vodafone se aansoek teengestaan en gesê hulle wil Vodacom se saak help. Vodafone besit meer as 60% van Vodacom.
Volgens Vodafone was hulle plan nie om Vodacom te help nie en sou hulle rol meer beperk wees as wat Makate dink.
Makate en Vodacom is al vir jare in ‘n uitgerekte regstryd betrokke na Makate gesê het hy het vorendag gekom met die idee vir ‘n Please Call Me-funksie, maar is nooit daarvoor vergoed nie.
Vodacom was verondestel om met Makate te onderhandel, maar die saak sal waarskynlik weer in die hof voorkom, aangesien ‘n ooreenkoms nie bereik is nie.
Bronne: The Citizen, My Broadband, TimesLIVE
Lees ook: Vodacom en Makate ontmoet die week oor moontlike skikking in Please Call Me-saak