Brekende Nuus
Nuus

Konstitusionele Hof verklaar wet op openbare verkryging ongeldig

Foto: Stad Kaapstad

WES-KAAP. – Die Konstitusionele Hof het die wet op openbare verkryging ongeldig verklaar, nadat bevind is dat die parlementêre proses nie voldoende openbare deelname moontlik gemaak het nie. Die hof het ook gelas dat die koste van die aansoek deur die president, die voorsitters van die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies, asook die provinsiale wetgewers wat die aansoek teengestaan het, betaal moet word.

Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, verwelkom die uitspraak en sê die Stad het aangevoer dat die wet onregmatig aanvaar is weens onvoldoende openbare deelname en parlementêre oorweging. Hy sê die wet kon volgens die Stad groter administratiewe rompslomp vir munisipaliteite geskep en die vermoë om vinnig op dringende water-, sanitasie-, elektrisiteits-, afval- en omgewingskwessies te reageer, beïnvloed het. Die Stad het verder aangevoer dat die wet sekere aspekte van openbare verkryging onder ’n nasionale openbare verkrygingskantoor sou sentraliseer. Die hof het bevind dat die wetgewing, wat in 2024 onderteken is, maar nog nie in werking getree het nie, ongrondwetlik en ongeldig is. Verder het die hof bevind die parlement het nie sy grondwetlike verpligting nagekom om ’n redelike openbare deelnameproses te fasiliteer nie.

Druk hier om meer te lees.