KWAZULU-NATAL. – ’n Man, vermoedelik in sy 20’s, is Dinsdagmiddag omstreeks 16:00 tydens ’n strukturele instorting in Beachstraat, naby Byng-rylaan in die Bluff, suid van Durban, beseer. Hy het op ‘n konstruksieterrein gewerk toe hy deur ‘n betonpilaar vasgepen is.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê paramedici en die Ethekwini-brandweer het hom bevry en mediese behandeling is op die toneel toegepas voordathy na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is. Die oorsake van die instorting word tans ondersoek.
Die polisie was op die toneel en doen ’n ondersoek om die omstandighede van die voorval vas te stel.






