Kontant, 20 vuurwapens en dwelms in Goodwood gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Blitspatrollielede het Sondagaand tydens ‘n roetine-stop-en-deursoek sukses teen bendegeweld behaal toe hulle op ‘n vuurwapen en geld in ‘n bakkie afgekom het. Daarna is nog 19 vuuwapens en dwelms by ‘n woonstel gekonfiskeer.

Kol. Andrè Traut sê die dubbelkajuit-Ford-bakkie het verdag voorgekom. Tydens deursoeking is op ‘n 9 mm-handwapen, dwelms en ‘n onbekende bedrag geld beslag gelê. Die bestuurder van die bakkie (28) is in hegtenis geneem.

Tydens ondervraging is die lede na ‘n woonstel in die Bergzicht-kompleks in Goodwood gelei. Deursoeking van die perseel het nog 19 vuurwapens, wat ‘n AK47-aanvalsgeweer, ‘n haelgeweer, nog outomatiese, asook semi-outomatiese vuurwapens insluit, blootgelê. ‘n Verskeidenheid van dwelms ter waarde van R3 m. is ook onderskep.

“Ons het rede om te glo dat die woonstel, wat in die verdagte se naam verhuur word, nooit as ‘n woning gebruik is nie, maar eerder as ‘n stoorfasiliteit vir die vuurwapens en die dwelms.”

Traut sê soos wat die ondersoek ontvou, is daar ‘n moontlikheid van meer inhegtenisnemings.

“Die inhegtenisneming van die verdagte en daaropvolgende beslaglegging word as ‘n stap in die regte rigting beskou om bendebedrywighede in die provinsie te takel.”

Die verdagte sal in die Athlone-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief