WES-KAAP. – Die polisie bied ’n kontantbeloning van tot R50 000 vir inligting wat tot ’n suksesvolle skuldigbevinding in die dubbele moordsaak van Muadi Huang (40), ‘n Chinese burger, en Enrico White (18) sal lei. Hulle het omstreeks 19:30 op 8 November 2024 in Southstraat, Bellville gesterf.
Kapt. Frederick C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die publiek word vir inligting gevra wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle skuldigbevinding van diegene wat vir die moorde verantwoordelik is, sal lei. Polisielede van die Bellville-polisiekantoor is op die betrokke aand na ‘n klagte en het die ouer slagoffer, wat aan skietwonde beswyk het, op die toneel gevind. White het die verdagte agternagesit en is ook noodlottig gewond. Albei is op die toneel dood verklaar. Die verdagte het ’n pet gedra wat sy gesig bedek het.
Die motief vir die aanval is tans deel van die polisie se ondersoek wat deur die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad behartig word. Enigiemand met relevante inligting word gevra om die speurders – lt.kol. Adrian Pretorius by 082 777 8499 of kol. Eddie Clark by 082 469 1531 – te bel.





One Response
farmacie senza ricetta online: farmacia online – Scegli Farmacia