Brekende Nuus
Afrikaans

Kop in geskenksak op onthoofde liggaam gevind

'n Koplose liggaam met die kop in 'n geskenksak bo-op die liggaam is in Mitchell's Plein gevind.

Onthoofde liggaam met kop in geskenksak gevind
Foto: Yusuf Abramjee

WES-KAAP. – Die koplose liggaam van ‘n onbekende man is Maandagaand omstreeks 21:05 op die hoek van Greyville-en Metropolitanstraat in Beacon Valley, Mitchell’s Plein gevind. Die kop van die man was in ‘n geskenksak bo-op sy liggaam geplaas.

Sers. Wesley Twigg sê polisielede het die onthoofde liggaam aangetref.

Mithcell’s Plain-polisiestasie het ‘n moordsaak geopen wat ondersoek word.

Bronne: SAPD en Yusuf Abramjee