WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het ses verdagtes op die lys van die 100 mees gesoekte persone in hegtenis geneem wat glo tussen hulle altesaam 157 uitstaande lasbriewe ter waarde van R350 000 vir uitstaande verkeersboetes het.
Alderman JP Smith sê die inhegtenisnemings is deur die gespesialiseerde opsporingspan van die stad gemaak.
Woensdag is ‘n bestuurder in Lansdowne met 27 uitstaande lasbriewe wat R100 200 beloop, vasgetrek, Donderdag is een in Hanoverpark met 19 met ‘n totale uitstaande bedrag van R32 200 aangekeer, Vrydag in Nyanga is nog ‘n verdagte met 57 lasbriewe en ‘n totale som van R57 100 en nog een in Vishoek met 18 lasbriewe met ‘n bedrag van R47 200, in hegtenis geneem..
En steeds was dit nie klaar nie. Sondag is ‘n motoris met 21 uitstaande lasbriewe wat R67 900 beloop in die Mowbray-area vasgetrek, terwyl ‘n ander een vir 15 uitstaande lasbriewe met ‘n totaal van R41 700 in Mannenberg in hegtenis geneem is.
Smith sê verder is 56 814 oortredings aangeteken, terwyl 125 voertuie geskut en 2 292 lasbriewe vir inhegtenisnemings uitgevoer is. ‘n Totaal van 65 inhegtenisnemings is gemaak, waarvan sewe vir roekelose en nalatige bestuur was en nog 15 vir verskeie ander kriminele oortredings. Altesaam 43 dronkbestuurders is ook in hegtenis geneem.
“These arrests serve as a timely reminder, particularly as we’ve just announced our latest traffic fine roadshow, happening 25 to 27 March. I advise motorists to take these cautionary tales to heart, and to settle their outstanding fines and warrants, whether at the roadshow or through our existing channels. We are heading into the busy Easter period, which comes with increased roadblocks and vehicle checkpoints. So do the right thing or run the risk of time behind bars should you be stopped at a roadblock, or tracked down by our tracing teams,”’ sê Alderman JP Smith, Stad Kaapstad se burgemeesterslid vir veiligheid en sekuriteit.
Volgens Smith het wetstoepassers die afgelope week meer as 600 operasies uitgevoer, 216 inhegtenisnemings gemaak en 4 063 kennisgewings uitgereik.
“Most notably, officers attached to LEAP recovered five firearms, two zip guns and a hijacked vehicle in the past week.”
Dit was patrollies in Khayelitsha, Mfuleni, Bonteheuwel, Eastridge, Tafelsig, Hanoverpark en Bishop Lavis wat volgens Smith tot die suksesse gelei het, met ‘n verbysterende 1 938 insidente wat oor die naweek aangemeld was. Van hierdie oproepe was 737 vir mediese hulp, wat 71 vir brandinsidente, 135 vir aanrandingsgevalle, 46 vir huishoudelike geweld en 59 vir motorongelukke, ingesluit het.