Korte mette gemaak van verdagtes wat glo adjunkhoof skiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Agt verdagtes op ‘n klag van poging tot moord is Woensdag in die Jeppe-polisiëringsgebied op die M2-snelweg naby die Maritzburg-oprit in hegtenis geneem. Dit kom nadat ‘n adjunkhoof van ‘n plaaslike skool op 3 Desember 2024 gewond is.

Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak is in Sandringham oopgemaak. Volgens die polisie het die provinsie se georganiseerde misdaadeenheid op twee verdagtes in Jeppe en op een in Phumula, naby Vosloorus, toegeslaan. Die verdagtes is ondervra en het inligting oor hul beweerde medepligtiges gegee. Nog vyf verdagtes is ure later op die M2 in hegtenis geneem, vermoedelik onderweg om ‘n gewapende roof te pleeg. Die polisie het op ‘n Toyota Corolla sowel as vyf vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Drie van die verdagtes word met poging tot moord verbind, terwyl vyf voorlopig van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie aangekla is. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Volgens Sibeko duur ondersoeke voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief