Lees ook: Sekere skole in die Wes-Kaap gesluit na vlak 8-weerwaarskuwing
WES-KAAP. – ’n Vlak 8-weerwaarskuwing is uitgereik vir die Wes-Kaap vandag. Inwoners word aangemoedig om hulle vir stormweer te staal, terwyl duisende reeds deur oorstromings geraak is.
Verskeie skole in die provinsie is vandag gesluit oor die stormweer. 82 skole, waarvan 31 ernstig, is reeds beskadig.
Reënval van 80-90 mm is vir die suid-westelike dele van die provinsie voorspel en golwe kan hoogtes van 4 tot 8 m bereik.
’n Koue front is ook vir Vrydag voorspel en nog een sal Saterdag tref.
Bronne: IOL, TimesLIVE, All Africa
Lees ook: Sekere skole in die Wes-Kaap gesluit na vlak 8-weerwaarskuwing





