Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku oor twee koue fronte wat volgende week na verwagting die land gaan tref.
Lees ook: Visse dood en ganse blou van chemikalieë in park se water
Die eerste koue front sal Maandag 19 Mei die Wes-Kaap tref en versprei na die Suidkus en Oos-Kaap. Dit sal tot Woensdag 21 Mei voortduur en koue, nat weer veroorsaak.
Die tweede koue front sal Dinsdag 20 Mei ook in die Wes-Kaap begin en dan versprei na die Noord-Kaap en Oos-Kaap. Dit sal na verwagting aanhou tot Vrydag 23 Mei. Yskoue temperature en moontlike sneeu oor hoë gebiede word voorspel.
Mense word daaraan herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge. Troeteldiere moet in huise gehou word indien moontlik en voorsorg moet getref word vir vee.
Bronne: SAWD
Lees ook: Visse dood en ganse blou van chemikalieë in park se water





