SӐO PAULO, BRASILIË. – Verskeie visse is dood en ganse se vere is blou gekleur na ’n trok met chemiese kleurstof in ’n paal vasgery het. Die kleurstof het by ’n mangat ingeloop tot by die Jundiai-rivier, waar ganse van ‘n nabygeleë park geswem en water gedrink het. Verskeie blou-gekleurde visse is dood in die rivier gekry.
Lees ook: Hoogste hof van appèl verwerp Nandipha Magudumana se aansoek
Plaaslike en staatsowerhede werk saam om die diere te red en verdere skade te verhoed.
Die kleurstof bevat ‘n stof wat skadelik vir die omgewing is.
Bronne: Euronews, Sky News, BBC
Lees ook: Hoogste hof van appèl verwerp Nandipha Magudumana se aansoek





