Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku dat temperature in die Oos-Kaap vandag koud tot baie koud sal wees.
Lees ook: Koue en nat weer vir die naweek voorspel
Ligte reënbuie is vir die ooste van die land voorspel, met erge wind en deinings aan die kus.
Dit volg na ’n koue front Saterdag dele van die Wes-Kaap en Noord-Kaap getref het. Temperature van onder 10°C is vir vandag voorspel. Geen weerwaarskuwings is vir vandag uitgereik nie.
Mense word aangemoedig om die weer dop te hou vir enige veranderinge.
Bronne: SAWD
Lees ook: Koue en nat weer vir die naweek voorspel





