KPR op bejaarde bring hartklop na ongeluk terug

Lees ook :

Foto: MI7 National Group

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde man (79) en sy bejaarde vrou was vanoggend op die N3 naby Scottsville in ‘n ongeluk betrokke. Paramedici het resussitasie toegepas om die man se hart weer aan die gang te kry.

Mi7 National Group sê hulle nooddienste is vanoggend na ‘n ongelukstoneel ontbied waar twee bakkies aangetref is wat met mekaar gebots het. Een van die bakkies het omgeslaan, met ‘n bejaarde egpaar in die wrak vasgekeer. Die man het geen pols gehad nie, waarna paramedici volle resussitasie (KPR) toegepas het. Sy hartklop is teruggekry en hy is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal vervoer.

Die bejaarde vrou is uit die wrak gesny en is met matige beserings hospitaal toe geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief