WES-KAAP. – Die kragonderbreking wat Sondagaand die landing van vliegtuie op Kaapstad Internasionale Lughawe beïnvloed het, is net na 01:00 vanoggend herstel.
Ongeveer 12 uur gelede het Cape Town International Airport bekendgemaak die lughawe se aanloopbaanligte, lugwegbrandredding en lugverkeernavigasiedienste is deur die onderbreking beïnvloed. Vliegtuie kon nie land of opstyg nie en vlugte is noodgedwonge na ander lughawens herlei.
Vuyo MaMdlangathi Matola het soos volg op die aankondiging gereageer: “FA183 still stuck in PE, we slept here….all the way from Durban and diverted to PE. Slept in the waiting area in a freezing weather. Now we are told that there’s a technical error when we were about to take-off.”
ACSA het gisteraand tydens die herstel van die probleem gesê dat sommige bane weer in werking is en United Airlines, Delta Air Lines en FlySAA kon suksesvol opstyg.





