Lees ook: Stormvloede aan SA-kus verwag
Die Institute for Water and Wastewater Technology (IWWT) het toetse uitgevoer op gewilde Durbanse strande en kritiese vlakke van E.Coli by 11 van die strande gemeet.
Die strande waar die hoogste vlakke van E.Coli gekry is, is die Ballito-getypoel, die strande van Westbrook, Umdloti, Glenashley, Virginia, Laguna, Country Club, Addington, en die Umgeni-rivier, Umgeni-riviermond en Bay of Plenty.
Mense word gevra om nie na die strande te gaan tot die vlakke verlaag is nie.
Laer vlakke van E.Coli is by Bronze-strand, Umhlanga-vuurtoring en Ushaka-strand aangetref.
Bronne: IOL, The Citizen, SABC
Lees ook: Stormvloede aan SA-kus verwag





