’n Foto is die naweek van ’n stertlose krokodil op sosiale media geplaas. Dit het gebruikers laat wonder of hy sal oorleef.
Die foto is glo by Marloth Park se Two Trees-parkeerarea deur ’n fotograaf genaamd Dowe Piet geneem. Meryl Venter het dit op die Marloth Park Sightings Facebook-blad gedeel.
Sommige gebruikers het grappe gemaak het oor hoe die krokodil in so ’n posisie beland het. “Hy het geskrik, toe val sy stert soos ’n akkedis s’n af.” Ander was werklik bekommerd of hy sal kan swem en oorleef.
Volgens Reptile Knowledge is krokodille se sterte en enige ander ledemate daartoe in staat om terug te groei, juis omdat hulle koudbloedig is. Dit sal egter vir hulle moeiliker wees om te swem, aangesien hulle sterte as ’n aandrywer gebruik word.
Heelparty gebruikers het opgemerk die foto wys eintlik wel sy stert; dis net na die kamera gekeer. Dit blyk egter nie die geval te wees nie.
Bronne: Marloth Park Sightings – Facebook-blad, Reptile Knowledge





