Krugerwildtuin se naam word nié verander nie

Lees ook :

Foto: Kruger National Park

LIMPOPO. – Die departement van bosbou, vissery en omgewing bevestig dat geen naamsverandering vir die Krugerwildtuin goedgekeur is nie. Die amptelike naam bly “Kruger National Park” soos wetlik vasgestel is.

Luidens ‘n verklaring deur die minister van die departement, Dion George sê daar is niks aan die gang om die naam van die Krugerwildtuin te verander nie en “ek het beslis nie die bedoeling om enige versoek goed te keur nie.”

Volgens die Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede Wet 57 van 2003, het slegs die minister die bevoegdheid om die naam van ’n nasionale park toe te ken of te wysig. Skedule 2 van die wet lys alle nasionale parke en hul amptelike name, met Krugerwildtuin onder item 11. Enige beplande verandering moet ’n formele wetgewende proses volg, insluitend openbare konsultasie en die publikasie van ’n kennisgewing in die Staatskoerant. Geen sodanige proses is van stapel gestuur nie.

Die departement doen ’n beroep op die publiek en entiteite om nie onbetroubare aansprake oor naamsveranderinge te bevorder of te herhaal nie, aangesien dit die openbare vertroue ondermyn en die fokus van bewaringswerk aflei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief