KYK: 21 in ‘n minibustaxi, korte mette van oorlaai gemaak

Lees ook :

Foto's: Limpopo Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid

Video in berig.

LIMPOPO. – Altesaam 20 passasiers en ‘n bestuurder is vroeër vandag (Donderdag) uit ‘n 16-sitplek minibustaxi in Zebediela gelaai. Die sleepwa wat gesleep is, was boonop oorlaai en hou ‘n risiko vir padgebruikers in.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê gevaar is voorkom toe die oorlaaide taxi en sleepwa by ‘n weegbrug by ‘n verkeerbeheersentrum voorgekeer is. Oorlog is teen “Malaisha” oftewel oorlaaide openbare vervoer en ligte motorvoertuie wat oorlaaide sleepwaens sleep, verklaar.

Altesaam 1 449 voertuie is sedert die begin van Desember nagegaan en vir die oorlading van passasiers en goedere aangekla. Oorlaaide voertuie moet vragte verminder voordat hulle toegelaat word om verder te ry.

Daar word tydens die feesseisoen met verkeer wat toeneem veral op die oorlaaide voertuie op die paaie in Limpopo gefokus. Dit is veral om gebarste bande, remme wat faal en ernstige ongelukke te voorkom. Die oorlaaide voertuie hou gevaar in vir bestuurders, passasiers en ander motoriste omdat dit onstabiel is en die hantering en stilhou van ‘n voertuig kan belemmer.

Sewe verkeerbeheersentrums is tans in volle diens waar voertuie en hulle vragte gemonitor word. Dit sluit Mantsole, Zebediela, Groblersbrug, Polokwane, Musina Beitbrug, Mooketsi en Rathoke, in.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief