VRYSTAAT. – ’n 22-jarige hoërskoolleerling is in hegtenis geneem nadat ’n video van ’n beweerde aanranding van ’n 21-jarige vrou deur ‘n man op sosiale media versprei is.
Volens polisiewoordvoerder, sers. Mahlomola Kareli, is ‘n saak by Kagisanong-polisiekantoor oopgemaak. Die verdagte is reeds aangekla en sal na verwagting op 12 Junie sy eerste verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof maak. Die polisie doen ’n beroep op die publiek om kalm te bly en ruimte te gee sodat die ondersoek sy verloop kan neem. Volgens die polisie word alle vorme van geweld, veral teen kwesbare persone, baie ernstig opgeneem en daar sal alles in hul vermoë gedoen word om geregtigheid te laat geskied.
Die ondersoek duur voort en verdere inligting sal bekend gemaak word soos dit beskikbaar raak.





