ISTANBUL. – ’n Aardbewing wat 6.2 op die Richter-skaal gemeet het, het Istanbul gister (Woensdag) getref en die beserings van sowat 151 mense veroorsaak.
Lees ook: MK wil weer Kleinfontein besoek, maak voorstel vir wetsontwerp oor art. 235 van grondwet
Owerhede het gesê sowat 151 mense word in hospitale behandel na hulle van hoë plekke af gespring het weens paniek oor die aardbewing.
Een gebou wat verlate is, het ineengestort, maar nog geen verdere groot skade is aangekondig nie.
Die goewerneur van Istanbul het mense gewaarsku om kalm te bly en om geboue te vermy wat moontlik beskadig is.
Die president van Turkye, Tayyip Erdogan, het gesê hy is besig om die situasie te monitor en sy kantoor sal advies uitreik oor wat mense te doen staan as nog aardbewings volg.
The moment a person jumped from the balcony earthquake İstanbul#Deprem #istanbul pic.twitter.com/mka3eJfDb4
— Hussein jafo (@HusseinJafo) April 23, 2025
Let’s pray for our brothers and sisters in Istanbul, Turkey. Many families are now sleeping in parks and streets due to the major earthquake that struck Istanbul today.😭 pic.twitter.com/DscNIc8vCu
— Ali Adan (@aliade34120) April 24, 2025
Bronne: The Independent, Daily Mail, BBC
Lees ook: MK wil weer Kleinfontein besoek, maak voorstel vir wetsontwerp oor art. 235 van grondwet





