KYK: AfriForum en Solidariteit ontmoet Trump-administrasie in Washington

Lees ook :

Foto: AfriForum

AfriForum het gisteraand (Dinsdagaand SA-tyd) bekendgemaak die Solidariteit-beweging, AfriForum en Solidariteit het verteenwoordigers van die Trump-administrasie in die Withuis ontmoet. Kyk hier onder wat Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum van die ontmoeting en die doel daarvan sê.

Kriel, met die Withuis in die agtergrond, beskryf die ontmoeting met senior beamptes van die administrasie as konstruktief. Dank is uitgespreek oor die ondersteuning en erkenning van probleme wat in SA ondervind word. Voorts is gevra druk moet op ANC-leiers geplaas word en dat die algemene publiek nie gestraf moet word nie. Die SA-afvaardiging wil hê daar moet individuele aksies of strafmaatreëls teen ANC-leiers ingestel word en dat daar nie van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) weggestap moet word nie. Lees meer hier onder:

Washington-memorandum

Die Solidariteit-beweging, AfriForum en Solidariteit het pas met senior verteenwoordigers van die Trump-administrasie in die Withuis vergader om te veg vir die belange van Afrikaners en Suid-Afrika. Daar sal ook in die komende dae met ander vooraanstaande besluitnemers en meningsvormers vergader word.

AfriForum en die res van die Solidariteit-beweging se afvaardiging is in die VSA om die Trump-administrasie te bedank vir die erkenning wat verleen word aan Afrikaners as volk/kultuurgemeenskap en die diskriminasie waaraan Afrikaners onderwerp word, asook vir die Trump-administrasie se bereidwilligheid om humanitêre bystand aan Afrikaners te bied.

Tydens die besoek aan die Withuis is die Trump-administrasie versoek om druk op ANC-leiers te verskerp om onder meer:

  • diskriminasie teen Afrikaners te staak deur onder andere die anti-Afrikaanse Bela-wet en rassewetgewing te hersien;
  • sterk op te tree teen haatspraak wat geweld soos plaasmoorde op Afrikaners aanhits;
  • eiendomsreg te respekteer deur onder meer die Onteieningswet te hersien; en
  • ’n kultuurakkoord met Afrikaners aan te gaan wat kulturele ruimte vir Afrikaners in Suid-Afrika sal bied, wat die bestaan van Afrikaanse onderriginstellings insluit.

Die Trump-administrasie is ook versoek dat:

  • humanitêre bystand wat die VSA aan Afrikaners aanbied ook bystand sal insluit aan Afrikaners wat ’n toekoms vir hulleself sien aan die suidpunt van Afrika;
  • gewone Suid-Afrikaners nie gestraf moet word deur Agoa en ander hulp aan gewone mense te staak nie (die fokus moet eerder op politieke leiers wees wat verantwoordelik is vir roekelose beleidsrigtings, en diegene wat vir die grootskaalse korrupsie wat deur oudhoofregter Zondo se kommissie uitgewys is, verantwoordelik is);
  • indien die VSA wel sou voortgaan om Suid-Afrika se deelname aan Agoa te staak, direkte bilaterale ooreenkomste met byvoorbeeld landbou-organisasies en nie-staatlike rolspelers in ander sektore aangegaan word om die negatiewe impak op gewone burgers van die land te probeer beperk.

Hierdie versoeke en ander word vervat in die Solidariteit-beweging se Washington-verklaring wat tydens die besoek aan die Withuis aan die Trump-administrasie oorhandig is. Dié verklaring word ook ten volle deur AfriForum en Solidariteit gesteun, wat deel van die Solidariteit-beweging is.

Lees die volledige Washington-memorandum hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief