KYK: AfriForum reg vir ondersoek na ‘hoogverraad’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

AfriForum, die burgerregteorganisasie, sê op sosiale media hulle is reg vir die Valke se ondersoek na hoogverraad.

Brig. Nomthandazo Mbambo, van die Valke by die polisie se nasionale hoofkantoor, het aan Nuusflits bevestig vier sake van hoogverraad is aanhangig gemaak. Die sake is in Kaapstad geopen, waarna dit vir ondersoek na die Misdade teen die Staat-eenheid van die Valke by die nasionale hoofkantoor verwys is.

“Ons is egter nie vry om die persone van belang in die aangeleentheid bekend te maak totdat die ondersoek afgehandel is en na die NDOV verwys is vir besluit nie.”

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, sê op sy beurt daar is géén regsgronde vir die klagtes van hoogverraad wat teen AfriForum aanhangig gemaak is nie: “Ons sal ons nie hierdeur laat intimideer nie. Ons sal doodeenvoudig voortgaan om te veg vir dit wat reg is, om te veg in die belang van die land, maar ook om onbeskaamd te veg vir die belange van Afrikaners. Ons word hierdeur gemotiveer om ons boodskap nog harder uit te dra.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief