KYK: APPEL & James Johnston se tweetalige countrytreffer ‘Country Is For Me’ vrygestel

Lees ook :

Foto: Fanie Nel

Appel en James Johston, ‘n Australiese countrysanger, het almal in rep en roer met hulle nuutste treffer, Country Is For Me. Die lied was voor vrystelling reeds meer as 10 000 keer vooraf gestoor (pre saved).

Fanie Nel van die Coleske Group sê die twee sangers het vuurwerk veroorsaak. “Vir die eerste keer word Afrikaanse én Engelse lirieke op unieke wyse in een snit vervleg.”

Appel, liedjieskrywer en sanger, is geliefd en het reeds verskeie toekennings ontvang. Dit is nie vreemd vir ‘n enkelsnit van Appel soos Klomp Keer Lekker om op die dag van vrystelling in die nr. 1-plek op Apple Music se Afrikaanse ranglys te pryk nie.

“Om saam met James aan hierdie liedjie te kon werk, is ’n groot voorreg vir my en my
loopbaan,” sê Appel.

James Johnston het op sy beurt in 2009 tot die top-3 van Idols in Australië deurgedring. In 2014 het hy die top-24 van The X-Factor Australia gehaal en daarna was sy loopbaan gevestig. Hy het ‘n platekontrak met Warner Music Australia gesluit en daarna Blame uitgereik. Nel sê die enkelsnit het met Warner Music Nashville se ondersteuning lof van die publikasies Rolling Stone Australia, The Daily Telegraph, The Music Network en Countrytown ontvang. James het onlangs ’n suksesvolle toer saam met die Amerikaanse countryster Kip Moore met optredes in Sydney, Melbourne, en Brisbane voltooi. Hierdie vertonings het nie net sy verhoogtalent ten toon gestel nie, maar ook sy reputasie as ’n opkomende ster in die musiekbedryf versterk. Scenestr het sy vertonings beskryf as “onvergeetlike musikale oomblikke wat aanhangers in vervoering gehad het.”

Appel en James tree Saterdag 26 Oktober op by die Cape Town Country Festival, wat deur
Bok Radio by die DHL-stadion aangebied word. Kaapse aanhangers sal ook die geleentheid hê
om hul nuwe liedjie lewendig te hoor wanneer die twee dit saam op die fees se verhoog gaan
sing. Hierdie fees staan bekend as een van die grootste country-musiekfeeste ter wêreld.”

Country Is For Me se musiekvideo is deur Conrad Theron van Atlas Media by Nahla Safaris in Schweizer-Reneke, wat die rustige atmosfeer van die Bosveld pragtig vasvang, verfilm.

Nel beskryf Country Is For Me as ‘n goedvoel-liedjie wat beide Afrikaanse en Engelse aanhangers sal
bekoor. Hierdie liedjie is ’n bewys van die krag van musiek as ’n universele taal en baan die weg vir verdere samewerking tussen Suid-Afrika en die res van die wêreld.

Country Is For Me is nou hier op alle stroomdienste beskikbaar.

Beide sangers kan op hulle webbladsye, Facebook, Instagram, TikTok en YouTube gevolg word.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief