KYK: Appel stel nuwe liefdesenkelsnit vry

Lees ook :

Foto: Hendri Viljoen

Appel het sy tweede enkelsnit, Sterre, van sy komende kortspeler Genesis, bekendgestel.

Sterre is ’n liefdeslied wat teruggryp na die begin van my en my vrou se verhaal. Sy het in die stad gebly en ek op die plaas. Die kilometers tussen ons was lank, maar die hemel was dieselfde. Wanneer ons verlang het, het ons eenvoudig opgekyk, na daardie selfde sterre en geweet ons is tog naby,” sê Appel.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê Appel beskryf die lied as ’n huldeblyk aan jong liefde en eenvoudige plaasherinneringe. “Dit is juis daardie eenvoudige goed wat ’n mens se liefde anker en jou herinner dat al is jy ver van mekaar, die hemelruim altyd ’n brug bly,” sluit Appel af.

Sterre kan hier op alle stroomdienste gekry word.

Nel bevestig Genesis sal vanaf 5 September op alle stroomdienste beskikbaar wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief