KYK: Bakkie se dak aan’t flarde toe koedoe binne-in beland

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname, soos ontvang

WAARSKUWING! Nie vir sensitiewe lesers nie!

NOORD-KAAP. – Nuusflits het ‘n video-opname ontvang van ‘n koedoe wat tussen Barkly-Wes en Tentrumdeur deur ‘n Toyota-bakkie se dak gespring het.

Kol. Cherelle Ehlers, woordvoerder vir die provinsie, sê Barkly-Wes-polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur. ‘n Toyota Hilux-bakkie het Sondag teen ‘n koedoe, ongeveer 10 km buite Barkly-Wes vasgery.

Met die polisie se aankoms op die toneel was die bestuurder en die passasier van die bakkie reeds vir mediese behandeling na ‘n hospitaal in Kimberley geneem.

Die koedoe is in die bakkie gevind.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief