KWAZULU-NATAL. – ‘n Man wat glo gemaak het of hy gestremd is om geld te bedel, is op kamera uitgevang.
Reaction Unit South Africa sê hulle is deur ‘n inwoner met die vide-opnames van die man wat vir finansiële gewin gestremd voorkom, genader.
“Die klaer het aan reaksiebeamptes gesê hy is verwant aan die man wat ongeskiktheidstoelae eis en geld van motoriste by die kruising van Russom/Toddstraat in Verulam vra. Hy het bygevoeg dat die man fiks en gesond is, die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) bedrieg en die geld gebruik om dwelms te koop.”
In die opnames hier bo kan gesien word hoe die man met dieselfde klere, eers gestremd voorkom en dan in die ander video vinnig loop, met die krukke in die lug.
“Die man is ‘n inwoner van Grangetown – KZN.”





